Thomas Muir

Thomas Muir
Gebore
Thomas Patterson Brown Muir

(1844-08-25)25 Augustus 1844
Nemphlar, naby Falls on Clyde, Lanarkshire, Skotland
Sterf21 Maart 1934 (op 89)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroepwiskundige
Ouer(s)George Muir en Mary Brown

Sir Thomas Muir (volle naam: Thomas Patterson Brown Muir;[1] Nemphlar, naby Falls on Clyde, Lanarkshire, Skotland, 25 Augustus 1844Rondebosch, Kaapprovinsie, 21 Maart 1934), wiskundige en opvoedkundige. Hy was die derde superintendent-generaal van onderwys van die Kaapkolonie onder Britse bewind.

Muir het in 1892 uit sy geboorteland na die Kaapkolonie verhuis en word superintendent-generaal van onderwys, ’n amp wat hy beklee tot sy aftrede in 1915, die jaar waarin hy tot ridder geslaan is. Gedurende sy dienstyd het hy hom beywer vir skoolplig (verpligte skoolbywoning tot op 'n sekere ouderdom of in s'n sekere standerd), nuwe vakke ingestel en die leerplan verbind met dié van universiteite en kolleges. Hy het sowel nywerheids- as landbou-onderrig voorgestaan en het opleidingskolleges met die sertifikate T1, T2 en T3 gestig. Ook het hy die stigting van skoolbiblioteke aangemoedig. Sy eie boekversameling het die kern gevorm van die departement van onderwys se biblioteek. Muir was ’n briljante wiskundige. Sy versameling wiskundeboeke en -geskrifte word deur die Universiteit van Kaapstad bewaar.[2] Die Hoër Seunskool Muir-kollege op Uitenhage is na hom genoem en hy het ook die vorige skoolgebou in 1904 ingewy.[3]

  1. (en) Geni.com. URL besoek op 12 Mei 2016.
  2. (en) Schirmer, Peter. Die Beknopte Geïllustreerde Ensiklopedie van Suid-Afrika. Johannesburg: Central News Agency (Pty) Ltd.
  3. (en) Die geskiedenis van Muir-kollege op sy webtuiste Geargiveer 12 Junie 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 12 Mei 2016.

Developed by StudentB